Die Geesgawes VANDAG!/Gifts of the Spirit TODAY!


Text Documents can be viewed in full in Adobe Reader. If you do not have Adobe Reader installed on your computer, please click on the Adobe Reader logo on the right to install the viewer.

 

Die Geesgawes VANDAG!/Gifts of the Spirit TODAY!
Afrikaans
2017-04-06

Die Geesgawes, en veral profesie, is nogsteeds vir baie kontroversieel en veral omdat die Heilige Gees werkinge so maklik deesdae aan vergrype gekoppel word. Daar word baie duidelik so handel gedryf met hierdie area in gedagte en sensasionele dinge vind plaas wat nie maklik verwerk kan word nie. Veral deur daardie sektor wat nie deel is van die Pentekostalisme/Charismatiese beweging nie en wie dan wel glo dat Jesus groot dinge kan doen maar wie ook nie dit wat hulle waarneem op veral die TV-aanbiedings altyd as van God kan beskou nie. Ek stem heelhartig saam want nie alles is van God nie! Maar kom ons begin by die gawe van profesie alvorens ons stelselmatig sal aanstap na die ander gawes, soos die gawe van kragte en die gawe van genesing. In hierdie afdeling gaan ons die werklikheid van Jesus of moontlik net besprekings oor hierdie baie belangrike area, deel met gelowiges wat nog bemoeienis wil maak met hierdie tipe aanbieding. Ons leef nou in `n tyd van groot onsekerheid en wereldgebeure, ook politieke winde is vir baie `n bekommernis. Ons het Jesus dan veral baie nodig om ons leiding deur Sy Gees te gee. Lees gerus die artikels wat hier aangebied sal word. . Mag dit tot seen wees vir baie!

Meer oor vroee Pentekostalisme en belangrike rolspelers met betrekking tot die Geesgawes : Kyk Study Materials, Profiles).

  View   Download Die Profetiese Woord Vandag

Die profetiese gawe is vir baie nog duister. Baie oorspeel dit en dikwels is dit op die Hananja-tipe styl (Jeremia se boek verwys). Maar vir baie is dit `n lig op hulle pad. Petrus verklaar dat dit die lamp is wat in `n donker plek skyn. Paulus en Johannes gee leiding, naamlik dat ons die geeste op die proef moet stel. Johannes verklaar (4.1) dat baie misleidende geeste in die wereld uitgegaan het. Baie sonder die Derde Persoon uit en maak Jesus dan `n passiewe toeskouer. Lees gerus hierdie artikel wat handel oor profesie wat van God ontvang is in hierdie dae, sowel as kommentaar bygewerk. Die Heilige Gees is altyd `n moeilike saak om te behandel. Maar dit word aangebied met die doel om verdraagsaamheid in die hand te werk want sonder die goddellike liefde wat alles kan verdra(!) sal ons nie deel kan he aan die Koninkryk van Jesus nie en veral as dit tot sy volle reg sal kom by die verskyning van Jesus Christus. `n Hersiene weergawe omrede kommentaar geredigeer was.





Back To Library