Profiles and Introduction to Christian Jewish Studies


Profiles and Introduction to Christian Jewish Studies
English
2012-12-02

  View   Download 1: Introduction to Christian Jewish Studies

Important! With reference to the Rutgers University's Online Courses (Prof. Azzan Yadin's Rabbinical Literature Online Course), go to bildnercenter.rutgers.edu/introduction-to-rabbinic-literature. Select the "Register for a course" tag (using your email address and a password) and then "Select one Course". Complete the form and then submit it. Once registered, i.e. on revisiting the site, go to "Returning Participants". Look at Prof. Yadin's videos, and other course material. Remember to always select the "Rabbinical Literature" button in order to login properly.

Our Christian Jewish Studies will cover both the Christian and the Jewish foundation of the Church for Judaism is the foundation of Christianity and the two can then hardly ever be separated.

  View   Download 4: Die Saad van die Woord

"Die Saad van die Woord", is a artikel wat deur Jacobus Johannes Botha (Koot) gelewer was, Arie Blomerus se Oupa op wie die salwing om die Woord te bring gerus het. Hy het self hierdie artikel opgestel en dit getik. Meer omtrent hom in Ester Blomerus se boek, "Doopkwessies" , die Oudioboek "This is Salvation" en "Arie se Profiel". Miemie Blomerus se "Kruik vol Lewende Water" getuig ook van haar Pa se roeping en arbeid vir die Here, ook "Die Heilige Gees in My Bediening" wat ook melding maak van `n genesing wat hy ontvang het uit die hand van die Here.

Ester vertel: Ek het my Oupa dikwels op sy oudag voor sy tikmasjien gesien, besig om met sy twee vingers op sy ou Remington tikmasjien te laat wiel. Hy het my op sy sterfbed `n boek, "Die Grote Stryd", gegee en dit het my aangespoor om ook my bydrae te lewer - hy het my aangemoedig om te skryf. Hy kon baie gebeure oor vroee Pinkster oordra. Hy was `n geswore Trinitarier, maar op sy sterfbed het hy `n wonderbare ontmoeting met Jesus gehad. Die Here het in `n engelegedaante aan hom verskyn. Hy het die ontmoeting aan my Pa en Ma vertel. Sy woorde was dat hy kon hoor hoe Jesus vir hom se: "Ek kom om jou te versterk vir die ver reis wat jy moet ondergaan" (Hy het waarlik sy bitter maande-lange lyding in stil vertroue verduur). Toe hy hulle hande neem, het hy ïets gese wat diep getref het: "Ek kon die geluid van Sy vlerk hoor soos wat dit oor die bed aan die voeteent gesleep het". Hy en my Pa het dikwels koppe gestamp oor die Godheid - dit was nadat Godheidgeskille in 1943 in Suid-Afrika ontbrand het. Daardie dag na sy ontmoeting met Jesus as engelewese, was sy woorde toe hy saam met hulle gebid het: "Vergewe my, Here, vergewe my!" My Pa het feitlik ten tye van sy afsterwe gesien hoe my Oupa by `n diamantveld staan en groot diamante uithaal. Dis die siele wat hy vir die Here gewen het en die arbeid wat hy vir God gedoen het. Ere aan Sy Naam! Ds Van Belkum se profesie het letterlik in my Oupa se lewe in vervulling gekom al was die Pinkstergesindes hewig vervolg deur die Protestantse kerke. Godheidgeskille en -verskille behoort op `n volwasse wyse bygele te word want baie afvallige idees was van vroeg af, veral deur die Griekssprekende Jode, in die Liggaam van Jesus bygewerk!

  View   Download NEW 5: Vroee Pentekostalistiese Doop in Suid-Afrika

Getuienis van die dompeldoop en hoedanig die vroee geskiedenis van die Pentekostalisme in Suid-Afrika deur belangrike rolspelers voortgeplant, verloop het.





Back To Library