Jesus in die Ou Testament


Jesus in die Ou Testament
Arie Blomerus
Afrikaans
2015-05-10

Arie behandel die Messiaanse verwagting in hierdie aflewering en hy beoog dan ook `n reeks aanbiedings oor hierdie immergroen onderwerp. Waarom het die Joodse volk uitgegkyk na die koms van hulle Messias en in besonder, dit is na die intertestamentele tydperk in hulle geskiedenis, na die daadwerklike realisering daarvan? Sal die tempel weer herbou word? En sal die oud-Israel offers weer volskaals ingestel word? Luister gerus na hierdie baie interessante inleiding tot die reeks en sy opvolg praatjies. Wat is die waarde van die Ou-Testament? Jesus het tog sekerlik met `n baie goeie rede verklaar dat die saligheid uit die Jode is!

  View   Download NEW 1: Deel 1 - Die konsep van 'n Messias in die Ou Testament
  View   Download NEW 2: Deel 2 - Profesies oor Jesus in die boeke van Moses
  View   Download NEW 3: Deel 3 - Ses profesies aangaande Jesus

Ses profesies in die Ou Testament aangaande Jesus en die ooreenstemmende vervulling daarvan in die Nuwe Testament

  View   Download NEW 4: Deel 4 - Jesus verskynings in die Ou Testament

In meer as vyftig verse in die Ou Testament maak ons kennis met 'n baie besondere Wese of Persoonlikheid. Hierdie Wese praat en tree op as hoogste verteenwoordiger en ambassadeur van die Allerhoogste God. Jesaja noem Hom die Engel van God se aangesig. Hierdie Wese staan bekend as die Engel van die HERE of die Boodskapper van die HERE. In die Nuwe Testament leer ons Hom ken as Jesus die Messias van die Allerhoogste God.





Back To Library