In Diens van die Here


Audio/Podcast files can be downloaded free of charge by clicking the 'Download' link next to the audio/podcast file you want to download. Alternatively, to open the audio/podcast file in an audio application that can read MP3 files (such as Real Player or Quicktime, which must already be installed on your computer) click on the 'Listen' link next to the audio/podcast file you want to hear.

 

In Diens van die Here
Ester Blomerus
Afrikaans
2012-06-20

Ons het voorskrifte in die Woord vir ons vasgele of ons in diens van die Here staan as werker van God.

  Listen   Download 1: Die Leiersrol in die werk van die Here

Daar is voorskrifte wat God aan ons voorhou wat elke werker of voornemende werker van die Here sal moet nakom. Dit is as ons God se wil wil doen en as ons Hom wil behaag. Lees gerus ook die Declaration of Faith saam met hierdie lering. Die Volgelinge van Jesus Bedieninge laat `n geroepe, gesalfde vrou toe om ook vir die Here te werk. Daar is voldoende navorsing tot ons beskikking wat bewys lewer hoe die stem van geroepe vroue stilgemaak was. Paulus verklaar dat daar in Christus nie man of vrou is nie.

  Listen   Download 2: Vernuwing en Heling deur die Kruis

Ester Blomerus wys op die noodsaaklike Kruisboodskap wat wel oud is maar tog ook so nuut bly want sonder hierdie boodskap kan daar geen ware bekerings ooit wees nie. Elkeen wat vir die Here wil werk, sowel as diegene wat Jesus wil volg en wie dan in Hom glo as Verlosser van die wereld, moet die vrugte van die Gees in hulle lewens deelagtig word want hierdie praktiese uitlewing van ons geloof bepaal of ons nog in die ware wynstok ingeplant is. Dit is dan nie alleenlik kennis van die Woord van God nie, maar ook ons intieme geestelike verhouding met ons God wat van belang is vir ons Christenskap. Mag God ons help om vernuwing deelagtig te kan word en dat die Kruis weereens `n werklikheid vir ons sal wees want ons moet ook DADERS van die Woord wees!





Back To Library