Christian Jewish Studies (audio)


Audio/Podcast files can be downloaded free of charge by clicking the 'Download' link next to the audio/podcast file you want to download. Alternatively, to open the audio/podcast file in an audio application that can read MP3 files (such as Real Player or Quicktime, which must already be installed on your computer) click on the 'Listen' link next to the audio/podcast file you want to hear.

 

Christian Jewish Studies (audio)
See relevant Presenter
Afrikaans
2015-04-05

Hierdie aflewerings vorm deel van ons saam Christian Jewish Studies - ter aanvulling//

These presentations form part of our Christian Jewish Studies - supplementations

  Listen   Download Belangrikheid van die tekstradisies OT en die NT

Aanbieding deur Ester Blomerus.

Die Apostel Paulus verklaar dat die Woord ryklik in ons moet woon. Die Woord is die "Skrifte" wat deur God se Gees ingegee is en wat, toe Paulus hierdie woorde in sy brief oorgedra het aan die gelowiges, die LXX was (dit is die OT Septuagint-vertaling in Grieks). Ons kan dan nie die Woord op die kantlyn druk en voorgee dat prediking en die lees van die Woord op gemeentelike vlak nie meer nodig is nie. Totdat die "Volmaakte" dan Sy verskyning weer sal maak, sal die Woord bly staan in die midde van God se ware verlostes wie weet dat die gesproke Woord van God nooit ledig na Hom sal terugkeer nie want dit was ingegee deur Sy Gees aan Sy afgesonderde Heilige Geesvervulde vate oor tydperke heen, nou versamel in een Bybelboek en bekend as die Ou sowel as die Nuwe Testament (verbonde). In verwysing : "Hy" en noodwendig met `n "Derde Persoon" in gedagte. "Hebreeus" in die NT (Handelinge) is eintlik Judese Hebreeus (=Aramees).

Die Nederlandse Bybel waarna ek hier verwys was in daardie tyd (1925) die teks wat in gebruik was. Die gesprekstaal was, soos dit voorkom, nog `n Nederlands/Afrikaans dialek wat natuurlik aan die ontluik was en wat vanaf Totius (teoloog/taalkundige) sterk in die rigting van "suiwer" Afrikaans beweeg het. Wat die Textus Receptus betref: Dit word as `n nuwe tekstradisie beskou omrede Erasmus sy weergawe van die Nuwe Testament totaal op `n nuwe Griekse vertaling gebaseer het (die Bisantynse invloed verwys hier). Die Textus Receptus het dan `n spesifieke tekstradisie wat ons in gedagte behoort te hou. Ek maak veral ook deesdae gebruik van The Jerusalem Bible (die Koren Tanakh) gedruk in Jerusalem 5722 (1962) = die OT. Die KJV is dan nie die enigste tekstradisie waarvan ons notisie behoort te neem nie en daarom behoort ons wyer te dink as net die King James weergawe. Die KJV tradisie bly natuurlik baie gewild. Dit volg in die Textus Receptus voetspoor terwyl die Kritiese Tekstradisie (Critical Text) weer `n verbintenis het met die Westcott/ Hort teks. Laasgenoemde het veral betrekking op die Vaticanus/Sinaiticus tradisie - daar is besprekings hieroor in Die Christelike Geloof, Sy Grondslag en Ontplooiing (v. Christian Jewish Studies ... Boeke, "Kennis bring Lig"). Hou in gedagte die Latynse invloed op die Textus Receptus (en wat natuurlik Erasmus se vertaling uit Grieks raak en veral mbt 1 Joh. 5.7 (daar is drie wat getuig in die hemel.....). Dit is juis die Latynse tradisie wat die Triniteitbelydenis wesentlik raak. Tekstradisies is kompleks en behels spesifieke en besondere aandag omrede dit ook te make het met al die onderskeie vertalings soos bv. die ESV, die Reformation Study Bible (waarby vervleg is die Geneve vertaling van die Reformiste) ensovoorts. Vir meer oor die Nuwe Testamentiese teks, die Westerse Teks en hoedanig dit in plek geval het, word u graag verwys na "Kruispaaie" op ons Christian Jewish Studies (op hierdie webtuiste aangebied. Kyk "Boeke....Kennis bring Lig").





Back To Library